Danville

Meer oor die eiendom

Die Blommefonds het 'n trotse geskiedenis en die eerste eiendomme, synde 8 kothuise in Danville, is reeds in 1952 as gesubsidieerde behuising tot beskikking van ouer persone gestel.

Die eenslaapkamer kothuise, elk op sy eie ten volle omheinde erf, is ideaal vir getroude paartjies of enkellopende ouer persone wat steeds daarvan hou om tuin te maak en troeteldiere aan te hou.

Al die eenhede word op 'n maandelikse basis verhuur. Die huurtariewe is beduidend minder as markverwante huur vir vergelykende wooneenhede.