Organisasie sonder winsoogmerk
Befondsing
Alle fondse word met dank ontvang
As 'n organisasie sonder winsoogmerk ontvang die Blommefonds Pretoria geen finansiële bystand of befondsing vanaf die regering uit openbare fondse vir uitgawes en bedryfskostes nie. Die Blommefonds maak dus staat op fondsinsamelingsprojekte en inisiatiewe asook skenkings van enige aard om huurgeld te subsidieer, asook om
die verouderde geboue van die Blommefonds in stand te hou
Maniere waarop u die Blommefonds Pretoria kan ondersteun
- Alle fondse word met groot dankbaarheid ontvang. en uitsluitlik vir die doel van behuising vir ouer persone aangewend. Donateurs kan van 'n Artikel 18A-sertifikaat voorsien word vir doeleindes van belastingverligting
- Skenk 'n bedrag van u keuse aan die Blommefonds Pretoria, hetsy as 'n enkele of 'n maandelikse skenking.
- Skenk gebruikte huishoudelike items soos klere, meubels en goedere aan die Blommefonds Pretoria wat dan verkoop word om fondse te genereer.
- Bemaak 'n bedrag kontant aan die Blommefonds Pretoria as begunstigde in u Testament.
Befondsing
Kies u befondsingopsie
U vriendelike ondersteuning verseker dat die Blommefonds Pretoria huurtariewe vir verblyf aan ouer
persone so laag as moontlik kan hou, asook om die geboue in 'n goeie toestand te hou met die doel
om ouer persone in netjiese wooneenhede in 'n veilige omgewing te huisves.
Eenmalige ondersteuning
Maandelikse ondersteuning
Post Views: 25