Die Blommefonds Pretoria
Ons verbintenis tot bekostigbaarheid:
Die Blommefonds Pretoria, Wonings vir Bejaardes OSW is op 18 Mei 1946 gestig deur wyle Mnr. Albert Edward Andersen, voorheen in diens van die Departement van Maatskaplike Welsyn en Pensioene.
Kies die Blommefonds Pretoria
Die Blommefonds Pretoria is 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk wat gesubsidieerde verblyf aan selfonderhoudende ouer persone verskaf in 'n goed versorgde, gemaklike en veilige omgewing.
'n Verdere doel van die Blommefonds is om 'n mate van maatskaplike diens te verskaf.
Die keuse van verblyf by die Blommefonds Pretoria beteken om 'n gemeenskap te kies wat die welstand en onafhanklikheid van sy inwoners waardeer.
Die Blommefonds se verbintenis tot bekostigbaarheid verseker dat ouer persone in 'n gemaklike en veilige omgewing, verblyf in ‘n gemeenskap van hul eweknieë kan geniet.
Die Blommefonds Pretoria is nie by enige ander Blommefonds geaffilieer nie
Direkteure
Die Direkteure van die maatskappy is professionele individue wat hul tyd, kennis en hulpbronne aan
die Blommefonds Pretoria beskikbaar stel om te verseker dat die maatskappy behoorlik bestuur word
tot voordeel van die inwoners
Mnr. Kobus Badenhorst
Mnr. Johan Human
Mnr. Martin Coetzee
Mnr. Fanus Kruger
Me. Liza Lambrechts