Wonings vir ouer persone
Die Blommefonds
Die Blommefonds Pretoria, Wonings vir Bejaardes OSW bied 'n welsynsdiens in die vorm van die voorsiening van
laekostebehuising en ʼn mate van sosiale en maatskaplike sorg aan ouer persone.
Kamers kan twee persone elk akkommodeer
Groenkloof Oornagkamers
Gastekamers word verhuur teen bekostigbare tariewe vir oornag of langer akkommodasie onder
andere vir die familie van persone wat behandeling ondergaan by die naburige Life Groenkloof
Hospitaal.
Kapasiteit om 265 selfonderhoudende ouer persone te huisves
Welsyn en welstand van inwoners
Moedig sosiale interaksie aan & reël gereelde aktiwiteite
Ons is verbind tot bekostigbaarheid
Ons Missie:
Die missie van die Blommefonds Pretoria is die voorsiening van behuising vir selfonderhoudende ouer persone teen die laagste moontlike koste en 'n mate van sosiale en maatskaplike sorg. Inwoners word instaat gestel om 'n waardige lewenstandaard te handhaaf en finansieël onafhanklik te bly vir so lank as moontlik
Kapasiteit:
Die Blommefonds Pretoria beskik oor die kapasiteit om 265 selfonderhoudende ouer persone van 'n gerieflike woning in 'n veilige omgewing te voorsien by vier behuisingskemas geleë in Pretoria se Arcadia, Groenkloof en Danville voorstede. Alle wooneenhede is selfsorg eenhede en daar word verwag dat inwoners selfversorgend en selfonderhoudend sal wees.
Welsyn en welstand van inwoners
Afgesien van die laer as markverwante huurtariewe, bied die Blommefonds Pretoria ook:
- Die dienste van 'n maatskaplike werker wat omsien na inwoners se welstand.
- Die dienste van 'n geregistreerde verpleegkundige wat inwoners die geleentheid bied om oor algemene gesondheidsake te konsulteer.
- Geleentheid vir sosiale interaksie en deelname aan gereelde aktiwiteite om eensaamheid, depressie en afsondering teen te werk, wat tipies is in 'n samelewing van bejaarde inwoners.
- Gesubsidieerde vervoer na en van hospitale en winkelsentrums aan inwoners wat nie meer self kan bestuur of van openbare vervoer gebruik maak nie.
Ons Eiendomme
Groenkloof
Groenkloof Oornagkamers
Groenkloof lewensreg behuising