Mondeor

Meer oor die eiendom

Mondeor, geleë te Pretoriusstraat, Arcadia is in 2025 deur die Blommefonds aangekoop. Die eiendom beskik oor 11 ruim slaapkamers waar tot 4 inwoners ‘n gemeenskaplike kombuis, badkamer en leefarea deel. Die eiendom beskik ook oor twee enkel woonstelle, drie 1-slaapkamer en twee 2-slaapkamer wooneenhede met genoegsame parkering.

Die inwoners van Mondeor deel die gemeenskapsaal met inwoners van die ander Blommefonds geboue in die omgewing.

Al die eenhede word op ‘n maandelikse basis verhuur. Die huurtariewe is beduidend minder as markverwante huur vir vergelykende wooneenhede.